Karel Mars wrote:
Die kans is groter dat jy 'n probleem met die choke het, as met die kapasitor. Die weerstand vanaf pen 4 en 6 na sjassie lyk nie reg nie. Meet met die GZ34 uitgehaal uit die sok. Ek reken so ~50 ohm sal meer realisties wees.
Stap 1: Ontkoppel albei "choke" drade. Meet weerstand na die sjassie toe. Enigiets onder 1 Meg Ohm dui op moontlike kortsluiting :'(
Stap 2:Jy kan die "choke" vervang met 'n 1000 ohm (5 watt) resistor en weer toets. As jy wil toets sonder 'n 1K resistor doen die volgende. (choke is steeds ontkoppel) Vind die draad wat van die "Stand By" skakelaar af kom, en soldeer dit los vanaf die eerste swart kapasitor. Soldeer dit aan die seksie reg langsaan (waar die choke se tweede draad vas was). Skakel aan. (die GZ34 wil nie meer as 60uF sien nie <voor die choke of resistor> anders "arc" hy - sien die max specs op die datablad)
Stap 3: Indien geen vonke nie - skakel af/plaas EL34 en ander buise versigtig terug in hul sokke/skakel aan. Hopelik het jy klank (jy sal seker heelwat 50Hz hoor - ignoreer (choke is uit))
Pen 4 en 6 vanaf sjassie is om-en-by 30 Ohm.
Stap 1: Hoe moet ek hierdie meet? een probe op die sjassie en een op n choke draad (die ander choke draad is vasgesoldeer)?. Dan kry ek about 10.18 MegaOhm. As altwee los is, en ek meet 1 vir 1 vanaf sjassie dan is dit Oop stroom (oneindige weerstand) en as ek een probe op elke draad sit kry ek 108 Ohm.
Stap 2: Geen Vonke
Stap 3: Al die tubes is aan, maar daar is niks signal nie.
Karel Mars wrote:
Dit klink nie goed nie.
Om op te som:
1: Die choke en uitsettransformator is albei ontkoppel.
2: Die "stand by" is gekoppel aan die eerste swart kapasitor seksie (geen ander drade is daaraan vas nie)
3: By aanskakel is daar vonke en 2A blaas
Stap 1: Toets die kapasitor - meet weerstand na grond/sjassie. Dit behoort oneindig groot te wees. Indien nie, het jy 'n foutiewe kapasitor.
Stap 2: Haal die GZ34 uit die sok en skakel aan. Soos tevore het jy nou 6.3 VAC op die filamente (penne 4 en 9 op klein buise) en 360VAC op penne 4 en 6 (gemeet vanaf die sassie)
As die kapasitor goed toets, dan is jou GZ34 foutief - of jou GZ34 se sok het probleme op. Kyk vir drade wat aan mekaar raak of kortsluitings na die sjassie (kyk by penne 2 en 8). Toets weer die GZ34 in jou Heritage amp.
1: Hy is oneindig Ohms op die linker pen van kapasitor (naaste aan standby switch), en 21,84 Mega Ohms op die 2e been
2: Di GZ34 is fine.