Kom ons kyk na die GZ34. 'n Gelykrigter vonk as die piek stroom by aanskakel die buis se maksimum oorskry.
My RCA-30 sê dit is 825mA. So hou by die 500mA "slow blo" smeltdrade.
Haal al jou buise uit hul sokke, maar los die GZ34. Met die krag ontkoppel, meet die weestand in Ohms vanaf pen 4 na grond; en ook vir pen 6. Volgens die GZ34 datablad moet dit so 160 ohm wees per plaat. As die syfer laer is as 160 ohm, dan sal ek aanraai jy kry 'n10watt weerstand (wit keramiek is goed) van waarde (160 - gemete waarde) wat jy dan in series plaas met die draad wat na die "stand By" gaan. Kyk ook dat die klein geel kapasitor wat op die "stand by" skakelaar vas is, aan dieselfde punt vas is as hierdie 10watter.
Stap 1: (dit is nie essensieël dat jy reeds die 10watter ingeplaas het om die toets te doen nie) Skakel nou aan. Spring die vonk steeds as jy "stand by" aanskakel? Indien wel, doen
Stap 2: ontkoppel die spêrspoel (choke) vanaf die eerste swart kapasitor (punt A). Ontkoppel ook die draad wat na die middeltap op die uitsetransformator (OPT) gaan, ook. SO nou is slegs die draad vanaf die "stand By" gekoppel aan die kapasitor.
Stap 3: skakel krag aan; wag 'n minuut voordat jy die Bystandskakelaar skakel. ENige vonke?