ChrisRhutZ
I've recently built n JTM45 model, and had it working for a little while,
I had to replace a fuse, and it's been dead ever since. ☹
There's no hiss and no signal coming through the amp, all the tubes are
lit and are glowing fine. I have checked all the inputs and speaker outs and the wiring seems
to be fine... Any help would be appreciated.
Thanks,
Chris van der Walt
I got the help below from Karel Mars to go through initial voltage measuring steps:
I have done all this and gotten 420V DC on the black capasitors and 360 V on the Octal socket's 5th pin
(From the bottom up)
Section 2:
Stap 2: Skakel af, druk die GZ34 in en skakel aan. Jy behoort nou so
420V DC op die swart kapasitore te kry. Kyk of almal (3 kaps/6
seksies)spanning op het.
Stap 3: op die oktale sok: meet die spanning op pen 5 - as dit
moeilik is, gaan na die turret board by die 220K ohm resistors (rooi/rooi/geel)
waar die drade is wat na pen 5 op beide oktale sokke is en lees diespanning.
Section 1:
Haal die buise uit die versterker
Skakel die amp aan. Die liggie behoort te brand en daar begoort 6.3 V AC tussen
die klein buise se pennetjie 4 en 9 te wees - OK?
Gearhead
Chris, good to see you here; not so good to see why.
Couple of thoughts, I'm not saying :
- this would be a lot easier if you had a signal generator. Just a 0.1V sine wave on the input and you'd be able to measure the AC signal running through the amp. I'm thinking hard of getting/building one.
- there's a reason for the fuse blowing. It might be the same reason as for the 45 not working at the moment. I can think of many possible reasons, but most of those you guys checked at the workshop. The simplest would be to find a piece of wire that makes contact with earth where it shouldn't, such as running against a chassis part. You'd have to check again.
- what you could check without special tools is if the tubes you're working with are still ok. It's easy on the preamp tubes, you can exchange them with another amp. If you have another amp that takes all the output tubes, you can test them together. You're probably aware of the fact that you do have to keep matched pairs/quads together. You could try the other way around and put 'known good' tubes in the 45.
- you have a bias pot if I'm not mistaken. It would be a good idea to turn it cold before trying anything with all the tubes in, to make sure it's not the output stage simply drawing too much current (although you did measure that last week as well).
- You have Karel's cell number don't you? ?
Success and in any case let us know what it turned out to be.
Karel-Mars
Hallo Chris
Dit is goed om jou op die forum te sien.
Kom ons kyk na jou versterker van uitsetkant en dan beweeg ons na die insetpunt (uiteindelik). Die rede hiervoor is dat jy jou luidsprekers kan koppel aan die versterker en so die geluide wat jy hoor kan jou lei tot die punt waar die probleem gevind word.
1. Dit is duidelik dat jy krag het - die 6.3 Volt WS (wisselstroom) is meetbaar op pen 4 en 9 op die klein buise se sok.
2. As jy die gelykrigter insit, dan verskyn die 420V GS (gelykstroom) op die kragtoevoer kapasitore.
3. Die volgende stap sal wees om jou EL34 buise in te sit in die kring. Maar voordat jy dit doen, wil jy weet dat jou buise veilig gaan wees. Dus wil jy verseker wees dat die bias kring in werking is, en dat jy die maksimum negatiewe spanning op pen 5 van beide oktale sokke kan meet. So..
4. Met die El34 uit, met die krag aan, meet die spanning op pen 5. Dit behoort so -40V GS te wees. Draai die bias potensiometer sodat hierdie spanning die maksimum negatiewe spanning moontlik reflekteer.
5. Wanneer jy weet dat die bias veilig is, skakel af en plaas die EL34's inhul sokke. Nou skakel aan en hou die buise se grys plate in die oog (die plate wat sigbaar is deur die glas. Daar is ook klein skrefies gesny in die plate, wat jou in die buise laat sien). As enigiets begin gloei, skakel af (hou jou hand die hele tyd op die "Stand By" skakelaar)
6. As alles goed is, behoort daar 'n ligte suis in die luidsprekers te wees.
Sterkte... laat weet wat jy vind.
ChrisRhutZ
Hi Karel and GearHead.
Thanks for the reply, I've checked for cables touching the chassis, but it's all sorted, the fuses have been fine for a while. I also switched from 3 A to 2 A fuses.
Karel:
Ek't die spanning probeer meet.... Mar ek weet nie of ek dit reg gedoen het nie?
Ek kry n lesing van 30 V---... as ek so meet:
(Hierdie is op pin 5 en ground. Dan maak die bias adjustment a verskil. Dit word van 30 V na 25 V verminder. As ek dit "oop" draai - weg van die oranje draad)
En ek kry -52 V---... as ek so meet: (Hier maak die bias n minimale verskil ±3V.)
Ek kry nie n negatiewe lesing nie. So ek weet nie of ek dit dalk verkeerd doen nie?
My multimeter is op V=... en nie op V~ nie. Is dit ook korrek?
Karel-Mars
Wat is die spanning op die oranje draad wat aan die bias potensiometer vas is? Meet met DC op die multimeter en die swart "probe" op die sjassie. Dit behoort 'n minus (-) syfer te wees. -50V sal goed wees bv.
ChrisRhutZ
Hi Karel,
Karel Mars wrote
Wat is die spanning op die oranje draad wat aan die bias potensiometer vas is? Meet met DC op die multimeter en die swart "probe" op die sjassie. Dit behoort 'n minus (-) syfer te wees. -50V sal goed wees bv.
Ekt n lesing van -32 V gekry to ek die oranje draad gemeet het. Ek kort daarna -20V. Hy is ook nou op -20.3V, maar word stadig -19,-18, ensovoorts.
Baie Dankie
Karel-Mars
Goed so. Nou meet die spanning by pen 5 op die oktale sok. Dit behoort ook so -32 volt te wees op altwee sokke.
ChrisRhutZ
Hi,
Jammer ek reply nou eers, my huis se krag box het gesmelt, en ek run nou maar van n generator af krag. ?
Ekt n -19V gekry op die oranje draad, maar -16V op die pen 5 van die oktale sok.
Is dit okay as die pen 5 nie gelyk is aan die oranje draad nie? - (Altwee pen 5e lees -19V)
Cheers,
Chris
Karel-Mars
Chris
Is hierdie spanning die hoogste wat jy kan meet? Watter spanning meet jy met die bias pot gedraai in die ander ekstreme posisie?
Die ding is, dit is gevaarlik om jou buise (EL34) in 'n versterker te sit wat bias probleme het. Die buise brand dadelik uit - glad nie so lekker nie.
Doen ons 'n guns, en neem 'n foto van die skema waar jy vanaf werk, waar veral die bias kring duidelik op is.
'n Volgende voorstel - volgende keer as jy by Communica is, kry 'n paar (so 10 eenhede) 1 Ohm halfwatt weerstande. Hulle kom handig te pas om stroom meet te meet.
ChrisRhutZ
Hi Karel,
As ek die spanning meet met die bias pot in die extreme poisisie is -14,5V. As ek hom terug na die begin toe draai is dit -17,3V.
Hier is n link vir groter image size:
http://gallery.me.com/chrisvdw#100008
Wiring Diagram
Schematic
Thanks,
Karel-Mars
Goed - los dit in die -17V posisie.
Stap a: Verwyder jou kragdraad van die muur af - versterker is nou veilig om op te werk. Meet die DC spanning op swart kapasitor (punt A) - dit moet laag wees (onder 100V) Gebruik punt C vir die swart "probe" van jou meter.
Stap b: met die meter op OHMS meet die weerstand van die eerste swart kapasitor (punt A)(waar die uitset transformator se rooi draad vas is - die eerste kap) na buis EL34 se pen 3 (punt B). Meet albei penne 3 se weerstand en gee dit vir ons.
Stap c: Plaas jou EL34's in hul sokke en skakel aan - hou "Stand By". Hou die buise goed dop. Skakel "Stand By" aan en kyk wat gebeur. Meet die spanning op pen 3 op beide sok (punt B) and die spanning op punt A. As die grys plate begin gloei, skale af. (nie goed nie)
So:
1. Rapporteer R1 en R2 (pen 3 na senter tap)
2. Spanning op (met krag aan) punt A
3. Spanning op pen 3 (buis 1 en buis 2)
Karel-Mars
Karel-Mars
Kyk na die foto op die link hierbo. Hoe kry ek die foto om in my teks (soos joune) te reflekteer?
ChrisRhutZ
1:
R1: 149.0 Ohm (Naaste Aan Rectifier)
R2: 152.2 Ohm
2:
Punt A se Spanning 285V op die eerste swart kapasitor {DC Spanning - Swart probe op sjassis}
3:
Pen 3 op buis 1 en 2 is ±285V {DC Spanning - Swart probe op sjassis}
Is hierdie reg?
ChrisRhutZ
Die is pics van die valves as standby aan is:
Dit lyk nie of hulle regtig oorverhit nie.
Karel-Mars
Die spannings is baie laag. Ek sou so 420V verwag het. Daar kan 'n paar redes hiervoor wees:
1. Jou meter is uit - meet die Escom krag om te toets - dit moet so 230V AC wees
2. Jou gelykrigter is besig om in te gee - doen toets hieronder
Gaan na die gelykrigter se sok (heel naaste an Escom inset)
Meet (Voltage AC) die spanning wat uit die transformator kom - behoort so 320V AC wees - tussen sjassie en penne 4 en 6
3. Maak seker jou kragtransformator se drade aan die primere kant is goed geisoleer (onthou die twee windinge in series se laspunt)
4. Daar word baie stroom erens getrek van die kragtoevoer - meet die spanningval (DC volts) oor die inset en die uitset van die spoel (choke). Jy kan dit by die swart kapasitor meet op die twee terminale.
ChrisRhutZ
1:
Hi, Ek kry 230V AC op die krag socket, (Swart probe op sjassis, rooi probe of live)
2:
Pin4: 70V AC
Pin6: 170V AC
3:
Drade vas en solied.
4:
As ek die Spanningval (DC volts) oor die eerste groot kapasitor meet (2 Kant terminale, wat gekoppel is aan die choke se swart drade.), dan kry ek 11,9 mV (milli, baie min).
As ek meet op vanaf die sjassis en net een terminal per keer, kry ek 290V.
Is dit normaal vir n choke? ek gaan binnekort na n vriend toe wat vir my sy multimeter gaan leen, so dan sal ek weer alles deur gaan. Mar ek dink die een hier is korrek.
ChrisRhutZ
Ekt n nuwe DMM gekry.
So kom ons begin gou oor:
Karel Mars wrote
Wat is die spanning op die oranje draad wat aan die bias potensiometer vas is? Meet met DC op die multimeter en die swart "probe" op die sjassie. Dit behoort 'n minus (-) syfer te wees. -50V sal goed wees bv.
As ek stand by ON toe switch skop hy die DC volts na -58 V mar dit loop stadig af en stabiliseer op -38V en as ek die bias in die extreme posisie sit, dan is dit op so -40V.
Karel Mars wrote
Goed so. Nou meet die spanning by pen 5 op die oktale sok. Dit behoort ook so -32 volt te wees op altwee sokke.
In hierdie geval skop hy dit na -48V na beweeg dit af na -33 V.
So hierdie lesings lyk reg. My vorige multimeter het ons af gegooi, ek vra hartlik onverskoning.
Karel Mars wrote
So:
1. Rapporteer R1 en R2 (pen 3 na senter tap)
2. Spanning op (met krag aan) punt A
3. Spanning op pen 3 (buis 1 en buis 2)
1:R1= 41 Ohm ;R2=44 Ohm
2?unt A: 292V
3:Buis 1 en 2 (pen3): 293V
Hulle is nog steeds laag, en nie by 420V nie...
Karel Mars wrote
2.Meet (Voltage AC) die spanning wat uit die transformator kom - behoort so 320V AC wees - tussen sjassie en penne 4 en 6
3. Maak seker jou kragtransformator se drade aan die primere kant is goed geisoleer (onthou die twee windinge in series se laspunt)
4. Daar word baie stroom erens getrek van die kragtoevoer - meet die spanningval (DC volts) oor die inset en die uitset van die spoel (choke). Jy kan dit by die swart kapasitor meet op die twee terminale.
2.
As ek meet met die rooi in die sjassis: Pin 4: 430V en Pin 6: 444V.
As ek meet met die swart in die sjassis (Probes geruil): Pin4: 268V en Pin6: 36V
4.
As ek die Spanningval (DC volts) oor die eerste groot kapasitor meet (2 Kant terminale, wat gekoppel is aan die choke se swart drade.), dan kry ek 13 mV (milli, baie min).
As ek meet op vanaf die sjassis en net een terminal per keer, kry ek 292V.
Thanks,
Chris
Karel-Mars
Goed so.
Ek wil terug gaan na die rooi drade van die gelykrigter (penne 4 en 6). Haal die GZ34 uit die sok uit. Sit jou DMM op AC Volts (met swart probe op sjassie) en (met krag aan en "stand by" aan) meet die spannning by pen 4 en ook 6. Dit moet so 320VAC wees. (maak seker jy meet op die regte penne). Met die GZ34 nog steeds uit, meet die spanning (VAC) van pen 2 tot 8. Dit behoort so 5VAC te wees.
Het jy 'n spaar GZ34?
ChrisRhutZ
Hi,
ekt nou die rectifier uit. Swart draad in sjassie, en rooi op pins:
Pin 4: 440 V AC
Pin 6: 55 V AC
Pin 2 en 8: 12 V AC
Ek het n spaar GZ34.