http://kyknet.dstv.com/2013/07/30/country-hart-met-juanita-du-plessis/
Begin Sondag 6 Oktober om 19:30
Country Hart met Juanita is ‘n musikale ontdekkingsreis van Amerika en word aangebied deur die musikale superster, Juanita du Plessis - Suid Afrika se eie “Platinum Prinses”.
Die program is in die Verenigde State van Amerika verfilm, en bestaan uit 13 episodes van een uur elk. Die reeks beloof om met elke episode die kykers “te verras en te vermaak” , volgens die vervaardiger Anthonie van der Walt.
Die reeks is regoor Amerika verfilm, en besoek die geboorteplekke van Amerikaanse musiek. Texas, Die Appalachian Bergreeks, Los Angeles, Nashville en Memphis. Elke episode verteenwoordig ‘n unieke element van Country musiek ... van die oorsprong tot die huidige moderne tendense.
Juanita du Plessis beskryf die reeks as volg: “ die ondervinding wat ons gehad het en die dinge wat ons gesien het, was regtig iets wat ek nooit in my lewe weer sal ervaar nie, ek is baie dankbaar daarvoor.” Du Plessis beplan om ‘n album saam te stel, gebaseer op die ondervinding. Dit sal ‘n vermenging bevat van klanke wat sy versamel het tydens die reis.
Die eerste episode “Die Nashville Klank” besoek Music City USA in Nashville. Hierdie is die tuiste van groot geeste in die Countrybedryf, en die grootste platemaatskappye in Amerika. Die episode gee ‘n voorsmaak van wat verder in die reeks verwag kan word. “Dit was ‘n ses weke lange ongelooflike musikale reis regoor die Suide en Weste van die VSA”, volgens die regisseur Brandon Oelofse.
So the first show was last week, but i caught tonights show.
very interesting how she travels through the USA to find the "origins" of country music.
Tonights show was on learning the origins of "old style mountain music".
not unlike boeremusiek here in ZA.
nevermind the off topic things in the show, the music is rather interesting and its nice to see how the music came to be!
Check it out on Kyknet, sundays at 19h30.