here's an email i got re a classical guitar recital this sunday 18th at 11am support it if you in the area
unfortunately i can't attend i too have a gig in rosebank on sunday morning ..pity i love classical recitals
concert at Brooklyn theatre in pretoria sorry it's in afrikaans but sure the details are easy to understand
Iets spesiaals vir alle liefhebbers van klassieke ghitaarmusiek. 'n Konsert van 'n knap nuwe duo wat u nie durf misloop nie.....................!
Vivace Ghitaar Duo
Konsert en CD bekendstelling
11:00
Sondagoggend 18 September
Opwindende jong talent kan op Sondag, 18 September in die Brooklynteater gehoor word wanneer die plaaslike Vivace Klassieke Ghitaar Duo optree. Die musiek wat hulle speel sluit werke in vanaf die 18e eeu tot en met Lennon en McCartney verwerkings. Daar is ook transkripsies van klaviermusiek uit Spanje en Brasiliƫ. Die aksent val op gehalte klassieke ghitaarspel uit die boonste rakke.
Die program sluit werke in van Granados, Maximo Diego Pujol, De Falla, Ernesto Nazareth, Fernando Sor, asook Lennon en McCartney.
Gerrit Roos en Jonathan Moolman het albei hulle MMus grade in Uitvoerende Kuns aan die Universiteit van Pretoria onder leiding van Abri Jordaan behaal, asook lisensiate deur UNISA. Gerrit en Jonathan speel reeds van 2006 saam en was bevooreg om meestersklasse by top internasionale ghitaarspelers te kry, onder andere: Eduardo Fernandez, Victor Villadangos, Marco Tamayo, Anabel Montesinos, Han Jonkers, Andrea Vetoretti, die Zagreb-kitaarkwartet, die Groninen- Ghitaar Duo, asook die Amsterdam- Ghitaar Trio. Vivace speel op handgemaakte ghitare deur Hans van den Berg, die Suid Afrikaanse instrumentmaker wat vir geen internasionale ghitaarbouer hoef terug te staan nie.
Vivace het al in die Wes-Kaap, Oos-Kaap asook Johannesburg omgewing opgetree. Die duo se eerste CD wat onlangs vrygestel is, is reeds beskikbaar in winkels in Pretoria, Johannesburg, Kaapstad en Stellenbosch. Die CD is aangewys as CD van die week deur FMR in Kaapstad en altesaam 26 minute van die CD is op Classic fm se speellys. Vir meer inligting oor die duo, besoek www.vivaceguitarduo.com.
Besprekings: www.brooklyntheatre.co.za / Computicket of 0861 635 639
Vertoef gerus vir middagete 'al fresco' na die konsert.
Leipoldts at Brooklyn Theatre - Skep op en weeg- Besprekings: (012) 460 6033